OUPA in AFRIKAANS

SA Debut Introducing Salamander in collaboration with Casper de Vries
SA Debut Introducing Salamander in collaboration with Casper de Vries

This is the translation of ‘Oupa’ from the #AAPstrak Exhibition collection.

Oorspronklike kunswerk deur Casper De Vries.

OUPA

Ek veronderstel my agterdogtige sonbril

dwing jou arendsoë opwaarts,

Om te ontdek wie sit agter die politieke gemaal,

denke noordwaarts,

My volgelinge, honger en dors vir net ‘n druppel

van die soustrein,

Jy, na die kantlyn verstoot liederlik uitgestoot,

Smag na onderduimse wyn,

Ek, hoofgetuie wat die plunderende massas

aangluur en wie samehorende vrede versuur,

Met pynlike selfbejammering oor my oorspronklike

leierskapsplanne,

Slyp ek daagliks my denke en glimlag gedwee vir

die kameras met geborgde, silwerwit ontwerperstande,

Dit verblind my verwagte oordeelsvermoë,

Ek verdrink in politieke party kroeë,

Ek erken my uniform keuse word agterdogtig aangegluur,

Maar die advies aan my geopper, is dat dit defnitief sal blus,

‘n verwoestende, konstitionele verorberende vuur,

Ek vermoed my sandbeblaasde Sahara sonbril

laat jou geheel en al verbouereerd,

Jy hoop dalk dis uiteindelik jou beurt,

Persoonlik dink ek jy is dalk versteurd,

As jy net bietjie dieper kyk en sluit jou smoel,

Mag jy dalk net ontdek, my ware doel,

Sak jou peinsende staar, en jy sal my beslis gewaar,

Onder my sonbril is waar my ware identiteit loer,

My dwalende oë heen en weer rondsloer,

Hoofgetuie van ‘n land in rep en roer,

Steeds verlore,

Wriemelend soekend na ‘n ware leier uitverkore,

Agterdog en verraad omhaak malende misdaad,

Op my oudag is ek swaarlik in staat

en dis ooglopend tog duidelik te laat,

Nieteenstaande is ek bereid om

my eerlike plig te doen,

Die nasie vir ewig te versoen,

Onmiddellik my geldkaste en oneerlike rykdom

mee weg te doen,

Ek gee myself oor aan julle,

laat val die murmererende mure en valse verskille,

Kies julle ware landsheerser wie vir altyd sal blus,

Die polsende politieke lus en mufbelaaide sousbus,

Om eens en vir altyd te verwyder, ons historiese las,

maar ook onherroeplik te verstel,

Ons innerlike,

menslike,

morele kompas !

3 thoughts on “OUPA in AFRIKAANS

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s